Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » pyn
pyn [boodskap #127511] Ma, 19 Augustus 2019 06:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18807
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
pyn
Afbreking: pyn


Selfstandige naamwoord: pyn
Meervoud: pyne
Verkleinwoord: pyntjie
Meervoud van verkleining: pyntjies

Betekenis:
• (medies) Liggaamlike leed deur siekte of verwonding; die seer gevoel van ongesteldheid.
• (figuurlik) Geestelike leed; hartseer.

Gebruik:
• Hy het 'n pyn in sy bors.
• Die pyn van haar kind se dood wat net te veel vir haar.

Sinoniem:
• lyding
• seer

Hiponiem:
• geboortepyn
• hongerpyn
• hoofpyn
• maagpyn
• oorpyn
• tandpyn

Afgelei:
• pyndrempel
• pynlik
• pynstiller

Vertaling:
Engels: pain, anguish, ache
Nederlands: pijn


Werkwoord: pyn
Verlede tyd: het gepyn

Betekenis:
• 'n Gevoel van seer beleef.

Gebruik:
• My kop pyn.

Vertaling:
Engels: to ache, hurt
Nederlands: pijnen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: standpunt
Volgende onderwerp: duisend
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 15:01:14 MGT 2024