Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » penniefluit
penniefluit [boodskap #127505] So, 18 Augustus 2019 19:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18632
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Penniefluit.
'n Penniefluit.
penniefluit
Afbreking: pen•nie•fluit
Samestelling: pennie + fluit


Selfstandige naamwoord: penniefluit
Meervoud: penniefluite
Verkleinwoord: penniefluitjie
Meervoud van verkleining: penniefluitjies

Betekenis:
• 'n Blokfluit met ses gaatjies en 'n mondstuk. Die fluit het 'n reikwydte van twee oktawe (soms effens hoër). Tipies van tin, maar kan ook van blik, koper, nikkel, riet ens. gemaak wees.

Gebruik:
• Straatmusikante wat die penniefluit bespeel is vroeër jare 'n pennie per liedjie betaal, vandaar die naam.

Sinoniem:
• kwêlafluit

Verwant:
• blokfluit
• dwarsfluit

Vertaling:
Engels: pennywhistle, penny whistle, tin whistle
Nederlands: tinwhistle

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kruiswerwel
Volgende onderwerp: offisieel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 12:00:46 MGT 2024