Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bitter
bitter [boodskap #127458] Ma, 12 Augustus 2019 20:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18624
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bitter
Afbreking: bit•ter
Uitspraak: /ˈbətər/


Byvoeglike naamwoord: bitter
Vergrotende trap: bitterder
Oortreffende trap: bitterste
Attributief: bittere
Intensief: galbitter, aalwynbitter, alweebitter

Betekenis:
• Met 'n skerp (meestal onaangename) smaak wat nie soet, sout of suur is nie.
• Wat baie erg, swaar of sleg is vir 'n mens.
• Wat teleurgesteld of kwaad is.

Gebruik:
• Die koffie is bitter, het jy suiker ingegooi?
• Daar is bitter arm mense op straat.
• Sy was bitter omdat hy haar verjaarsdag vergeet het.

Spreekwoord:
• Hy drink 'n bitter kelk. [Rampspoed ervaar.]
• Dis 'n bitter pil om te sluk. ['n Onaangename taak.]
• Tot die bitter einde toe. [Tot 'n mens nie meer verder kan gaan nie.]
• Iemand se tee bitter maak. [Hom uitsit by 'n nooi.]
• 'n Bitter beker tot op die bodem ledig. ['n Swaar ervaring tot die end deurmaak.]
Bitter in die mond maak die hart gesond. [Medisyne wat sleg smaak, is gesond vir 'n mens.]
• As die muis vol is, is die meel bitter. [As 'n mens genoeg geëet het, smaak die kos nie meer lekker nie.]
• As die kat dik is, smaak die muis bitter. [As iemand genoeg geëet het, smaak die kos nie meer lekker nie.]

Vergelyking:
• So bitter soos aalwyn.
• So bitter soos gal.

Antoniem:
• soet

Afgelei:
• bitterheid

Vertaling:
Engels: bitter; very; sad, grievous
Nederlands: bitter

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: spul
Volgende onderwerp: kwaai
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 09:16:23 MGT 2024