Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verdwyn
verdwyn [boodskap #127456] Ma, 12 Augustus 2019 19:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18827
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verdwyn
Afbreking: ver•dwyn
Uitspraak: /fərˈdwɛin/


Werkwoord: verdwyn
Verlede tyd: het verdwyn
Teenwoordige deelwoord: verdwynende
Verlede deelwoord: verdwene

Betekenis:
• Uit sig beweeg en nie meer gesien word nie.
• Ophou om te bestaan.
• Verminder, afneem, kwyn.

Gebruik:
• Die haas verdwyn in sy gat. Die kar verdwyn om die hoek.
• Aan die einde van die kryt-periode verdwyn die dinosourusse.
• Die son verdwyn agter die randjie.

Spreekwoord:
• Tussen neus en oë verdwyn. [Vlak voor jou wegraak.]
• Hy het soos 'n groot speld verdwyn. [Ongemerk weggeraak.]
• Tussen neus en vinger verdwyn. [Skelm of ongemerk verdwyn.]
• Hy het in 'n ommesientjie verdwyn. [In 'n oomblik, baie gou.]
• Met die noorderson verdwyn. [Skelmpies (veral in die nag) verdwyn.]

Sinoniem:
• ontglip
• tenietgaan
• wegglip
• wegraak

Antoniem:
• verskyn

Afgelei:
• verdwyning

Vertaling:
Engels: to disappear, vanish, dwindle
Nederlands: verdwijnen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: redelik
Volgende onderwerp: spul
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 23 08:32:52 MGT 2024