Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » redelik
redelik [boodskap #127455] Ma, 12 Augustus 2019 19:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18852
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
redelik
Afbreking: re•de•lik


Byvoeglike naamwoord: redelik
Vergrotende trap: redeliker
Oortreffende trap: redelikste
Attributief: redelike

Betekenis:
• Regverdig en billik; op rede gebaseer; deur nugtere denke gelei.

Gebruik:
• Die meneer is redelik en sal na jou kant van die saak luister.

Sinoniem:
• rasioneel

Antoniem:
• irrasioneel
• onredelik

Vertaling:
Engels: reasonable, rational, fair
Nederlands: redelijk


Bywoord: redelik

Betekenis:
• Taamlik; in aansienlike mate.

Gebruik:
• Dit het al redelik warm geword.
• Sy het redelik goed gevaar in die kompetisie.

Vertaling:
Engels: reasonably, moderately
Nederlands: redelijk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: beskuldig
Volgende onderwerp: verdwyn
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 22:03:36 MGT 2024