Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » mis
mis [boodskap #127192] Di, 23 Julie 2019 06:32
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18856
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Mistige weer.
Mistige weer.
mis
Afbreking: mis




Selfstandige naamwoord: mis
Meervoud:

Betekenis:
• (meteorologie) Digte wolke wat laag oor die aarde hang en sigbaarheid belemmer.
• Die stof wat diere uitskei; ontlasting.
• Stof wat grond vrugbaar maak.
• 'n Rooms Katolieke ritueel.

Gebruik:
• Onthou om die motor se ligte aan te skakel as u deur die mis ry.
• Die olifante se mis kan in die pad gesien word.
• Hy werk mis in die landerye in.
• Die pous gaan Sondag die mis lei.

Vertaling:
Engels: fog, mist; manure, droppings, dung; mass
Nederlands: mist; mis


Werkwoord: mis
Verlede tyd: het gemis

Betekenis:
• Om te verlang na iets of iemand wat nie daar is nie.
• Nie haal nie; te laat kom; iets verpas (soos 'n bus, trein, ens.)

Gebruik:
• Sy mis haar ouers.
• Hy het die vliegtuig gemis.

Vertaling:
Engels: to miss
Nederlands: missen


Bywoord: mis

Betekenis:
• Nie raak nie; wat nie aan die verwagting voldoen nie.

Gebruik:
• Hy het die bal mis geslaan.

Spreekwoord:
• Sy sit die pot mis. [Sy slaag nie.]
• Hy mis alle grond. [Van alle waarheid ontbloot wees.]
Mis is mis. [Hoe naby 'n mens ook al aan 'n teiken kom, dit bly nie raak nie.]

Antoniem:
• raak

Vertaling:
Engels: missed
Nederlands: mis

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: afgelope
Volgende onderwerp: red
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 16:42:08 MGT 2024