Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » tel
tel [boodskap #127172] So, 21 Julie 2019 18:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18812
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
tel
Afbreking: tel
Uitspraak: /tɛ̞ːl/




Werkwoord: tel
Verlede tyd: het getel
Teenwoordige deelwoord: tellende

Betekenis:
• Getalle in die regte volgorde opsê; oplopend opnoem.
• Die aantal bepaal; uitvind hoeveel daar van iets is.
• Van belang wees; ag; volgens reëls plaasvind.

Gebruik:
• As jy kwaad is, tel stadig tot 10.
• Hy tel vyf skape. Sy tel haar geld.
• Wen is al wat tel. Van wanneer tel die sosiale belang nie meer nie.

Spreekwoord:
• Hy sit en tande tel. [Gesê van kinders wat in die geselskap van grootmense onwelkom is.]
• Jy kan sy ribbes tel. [Hy is baie maer.]
• Dade tel meer as woorde. [Wat werklik gedoen word, is belangriker as beloftes.]
• 'n Jakkals wat slaap, tel hoenders in sy drome. [Wanneer 'n skelm nie sy streke uitvoer nie, maak hy planne.]
Tel die kuikens voor hulle gepik het. [Op iets staatmaak wat nog moet gebeur.]

Afgelei:
• teller
• telling

Vertaling:
Engels: to count
Nederlands: tellen


Selfstandige naamwoord: tel
Meervoud:

Betekenis:
• Geag; gereken wees.

Gebruik:
• Sy is nie meer by hulle in tel nie.

Vertaling:
Engels: count
Nederlands: telt

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kies
Volgende onderwerp: stelling
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 05:53:05 MGT 2024