Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kies
kies [boodskap #127171] So, 21 Julie 2019 18:12
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18631
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kies
Afbreking: kies




Werkwoord: kies
Verlede tyd: het gekies
Verlede deelwoord: gekose

Betekenis:
• 'n Keuse maak; uit 'n groep uitsoek; aan iets voorkeur gee; iets of iemand tussen 'n klomp ander uitsoek; om een uit baie moontlikhede te neem.

Gebruik:
• Hy kies om te gaan swem, maar sy kies om eerder te gaan fliek.
• Ek kies nie kant nie, maar die nonsens moet nou ophou.

Spreekwoord:
Kies die hasepad. [Vlug.]
• Die goue/gulde middeweg kies. [Uiterstes vermy, gematig te werk gaan.]

Vertaling:
Engels: to choose, select
Nederlands: kiezen


Selfstandige naamwoord: kies
Meervoud: kieste

Betekenis:
• (anatomie) Gedeelte van die mond tussen die tandvleis en die wang.
• (geologie) 'n Verbinding van swael en 'n metaal, wat volop in die natuur voorkom.

Gebruik:
• Sy kieste staan bol soos hy die kos in sy mond inprop.
• Piriet of ysterkies is 'n verbinding van swawel en yster.

Spreekwoord:
• Hy maak van sy kies 'n looikuil. [Hy pruim tabak.]

Verwant:
• kiestand
• kiespyn

Vertaling:
Engels: cheek
Nederlands: wang

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sekerlik
Volgende onderwerp: tel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 08:41:07 MGT 2024