Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verdien
verdien [boodskap #127166] So, 21 Julie 2019 09:49
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18812
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verdien
Afbreking: ver•dien




Werkwoord: verdien
Verlede tyd: het verdien

Betekenis:
• Deur werk of 'n ander handeling geld verkry; betaling vir werk ontvang; beloon word.
• Aanspraak of reg tot iets hê; wat mens moet of behoort te kry.

Gebruik:
• Hy het in die sweet van sy aangesig sy brood verdien.
• Sy verdien nie om in 'n konsentrasiekamp gemartel te word nie.

Spreekwoord:
• Jy moet jou sout verdien. [Iets nuttigs verrig.]
• Hy het dit dubbel en dwars verdien. [In 'n baie hoë mate.]
• Die perd wat die hawer verdien, kry die strooi. [Verdienste word nie altyd na behore beloon nie.]

Afgelei:
• verdiende

Vertaling:
Engels: to earn; to deserve
Nederlands: verdienen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bywerk
Volgende onderwerp: vrae
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 04:16:53 MGT 2024