Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » burger
burger [boodskap #127136] Vr, 19 Julie 2019 07:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18852
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Vegetariese burger.
'n Vegetariese burger.
burger
Afbreking: bur•ger




Selfstandige naamwoord: burger
Meervoud: burgers
Verkleinwoord: burgertjie
Meervoud van verkleining: burgertjies

Betekenis:
• 'n Inwoner van 'n land of 'n stad wat bepaalde wetlike regte en verpligtinge het.
• (voeding) 'n Hamburger, broodjie met 'n platgedrukte stukkie maalvleis ('n vleisflappie) daarin.

Gebruik:
• 'n Persoon is gewoonlik 'n burger van die land waarin hy of sy gebore is.
• Sy koop 'n burger met skyfies vir aandete.

Spreekwoord:
• Jan burger. [Die gewone publiek.]

Afgelei:
• burgerskap
• burgerlik
• kaasburger
• biefburger
• visburger

Vertaling:
Engels: citizen, burgher; burger, hamburger
Nederlands: burger

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hard
Volgende onderwerp: kens
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 07:20:30 MGT 2024