Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aand
aand [boodskap #127128] Do, 18 Julie 2019 06:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18812
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aand
Afbreking: aand
Uitspraak: /ɑːnt/




Selfstandige naamwoord: aand
Meervoud: aande
Verkleinwoord: aandjie
Meervoud van verkleining: aandjies

Betekenis:
• Die ende van die dag wanneer dit donker is; tyd tussen sononder en die nag.

Gebruik:
• Borsel jou tande in die oggend en in die aand.
• Die monster het elke aand wanneer die soldate geslaap het een van hulle opgevreet.

Spreekwoord:
• Hy ry aandskof by die meisie. [Hy kuier in die aand by die meisie.]
• Moenie die dag voor die aand prys nie. [Moenie jou te vroeg oor iets verheug nie.]
• Sy aand- en môrepraatjies stem nie ooreen nie. [Hy bly nie altyd by wat hy sê nie.]

Sinoniem:
• skemer
• voornag
• aandskemering

Antoniem:
• oggend
• dagbreek
• vroegdag
• skemerdag
• hoenderkraai

Hiponiem:
• Maandagaand
• Dinsdagaand
• Woensdagaand
• Donderdagaand
• Vrydagaand
• Saterdagaand
• Sondagaand

Afgelei:
• gisteraand
• môreaand

Vertaling:
Engels: eve, evening, night
Nederlands: avond
Xhosa: ukuhlwa
Zoeloe: ukuhlwa

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aaklig
Volgende onderwerp: poppekas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 20:44:17 MGT 2024