Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gou
gou [boodskap #127107] Wo, 17 Julie 2019 11:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20268
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gou
Afbreking: gou




Byvoeglike naamwoord: gou
Vergrotende trap: gouer
Oortreffende trap: gouste
Attributief: gou

Betekenis:
• Binne 'n kort tydsbestek of baie binnekort.

Gebruik:
• Maak gou, ons is haastig!
• Kom kuier gou weer.

Spreekwoord:
• Sy is gou op haar perdjie. [Is kwaad/ moeilik.]
• Hy is gou op sy agterpote. [Word gou kwaad.]
• Praat gou, want ek woon ver. [Moenie so langdradig wees nie.]
Gou by die bak, lui by die vak. [Gou om te eet, maar stadig om te werk.]
• Haastig trou bring gou berou. ['n Paartjie moet mekaar eers goed leer ken voordat hulle trou.]

Vergelyking:
• So gou soos nou.

Sinoniem:
• vinnig

Antoniem:
• stadig

Verwant:
• gou-gou

Vertaling:
Engels: fast, quick, quickly, rapidly, soon
Nederlands: gauw, snel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: minste
Volgende onderwerp: verwag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 27 21:30:14 MGT 2024