Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » akroniem
akroniem [boodskap #126745] Ma, 24 Junie 2019 15:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18816
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
akroniem
Afbreking: akro•niem
Uitspraak: /ɑkruˈnim/



Selfstandige naamwoord: akroniem
Meervoud: akronieme
Verkleinwoord: akroniempie
Meervoud van verkleining: akroniempies

Betekenis:
• 'n Afkorting wat as 'n woord uitgespreek word. Die beginletter(s) van ('n) woord(e) wat self 'n woord is.

Gebruik:
• ABSA (of Absa) is 'n akroniem vir die Amalgameerde Banke van Suid-Afrika.
• Unisa, Sasol, Eskom en Nasa is voorbeelde van akronieme.

Hiponiem:
• letterklankwoord
• letternaamwoord

Vertaling:
Engels: acronym
Nederlands: acroniem

Nota:
• Daar is twee soorte akronieme: letterklankwoorde (waarvan die klanke uitgespreek word) en letternaamwoorde (waarvan die letters se name uitgespreek word).

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: paljas
Volgende onderwerp: Sjina
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 23:35:55 MGT 2024