Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hol
hol [boodskap #126742] Ma, 24 Junie 2019 07:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18802
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hol
Afbreking: hol
Uitspraak: /ɦɔl/



Byvoeglike naamwoord: hol
Vergrotende trap: holler
Oortreffende trap: holste

Betekenis:
• Met 'n gat (leë ruimte) aan die binnekant van iets.
• Konkaaf of bolhol; 'n oppervlak wat na binne gekrom is.
• (figuurlik) Leeg; sonder inhoud of betekenis; sinneloos.

Gebruik:
• 'n Sokkerbal is hol binne. Ek is hol, wat eet ons vanaand?
• Die bedelaar staan met hol hande by die robot. Lense wat aan die kante die grootste dikte het, word hol of konkawe lense genoem.
• God luister nie na hol woorde nie, die Almagtige slaan daar geen ag op nie. [Job 35:13]

Spreekwoord:
• Net genoeg vir 'n hol tand. [Baie min.]

Antoniem:
• bolvormig

Vertaling:
Engels: hollow, concave, empty
Nederlands: hol


Werkwoord: hol
Verlede tyd: het gehol

Betekenis:
• Hardloop; vlug.

Gebruik:
• Rugby is 'n veelsydige sport, jy kan nie nét skop of nét hol nie.
• Die dief het gehol toe hy my geweer sien.

Vertaling:
Engels: to run
Nederlands: hollen


Selfstandige naamwoord: hol
Meervoud: holle
Verkleinwoord: holletjie
Meervoud van verkleining: holletjies

Betekenis:
• Oormatige vrees of ingenomenheid.
• (pejoratief) Die agterstewe; boude; anus.

Gebruik:
• Die dam se lae watervlak het almal op hol.
• Waarvoor wag jy, dat iemand jou eers onder die hol moet skop?

Spreekwoord:
• Sy kop is op hol. [Iemand weet nie meer wat hy doen nie.]

Sinoniem:
• gat

Vertaling:
Engels: run
Nederlands: hol

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kos
Volgende onderwerp: geraasbesoedeling
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 07:44:41 MGT 2024