Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kos
kos [boodskap #126741] So, 23 Junie 2019 20:06
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18831
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Bord gekookte kos.
'n Bord gekookte kos.
kos
Afbreking: kos




Selfstandige naamwoord: kos
Meervoud: kosse
Verkleinwoord: kossie
Meervoud van verkleining: kossies

Betekenis:
• Die voedsel wat 'n organisme inneem om sy metaboliese prosesse in stand te hou.

Gebruik:
• My ouma kook die lekkerste kos.
• Sout is 'n natuurlike geurmiddel wat daagliks in kos geëet word.

Spreekwoord:
• Hy kyk die kos uit my mond. [Iemand wat eet, aankyk.]
• Roet in die kos gooi. [Die plesier bederf.]
• Dit lyk of die hoenders sy kos afgevat het. [Hy lyk verleë.]
• Dit lyk of die hond sy kos afgeneem het. [Hy lyk verleë.]
• Dit lyk of die kraaie jou kos afgeneem het. [Lyk baie verleë.]

Sinoniem:
• voedsel
• spys

Afgelei:
• kookkos
• kossoorte

Vertaling:
Engels: food
Nederlands: voedsel
Xhosa: ukudla 8


Werkwoord: kos
Verlede tyd: het gekos

Betekenis:
• Prys vra of vasstel; die bedrag hoeveel mens vir 'n item moet betaal.
• Wat dit verg; die moeite bepaal.

Gebruik:
• Wat kos die boek?
• Die werk kos baie tyd, moeite en geduld.

Vertaling:
Engels: to cost, price
Nederlands: kosten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: steel
Volgende onderwerp: hol
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 23 21:07:10 MGT 2024