Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » agtervoegsel
agtervoegsel [boodskap #126739] So, 23 Junie 2019 19:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18812
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
agtervoegsel
Afbreking: ag•ter•voeg•sel
Uitspraak: /ˈɑxtərfuxsəɫ/



Selfstandige naamwoord: agtervoegsel
Meervoud: agtervoegsels
Verkleinwoord: agtervoegseltjie
Meervoud van verkleining: agtervoegseltjies

Betekenis:
• 'n Woorddeel wat self nie as woord voorkom nie, maar agter die stam van 'n woord gevoeg word.

Gebruik:
• Watter agtervoegsel vorm die meervoud van die woord (gewoonlik -s of -e)?
• Die agtervoegsels -ie, -kie, -tjie en -pie vorm verkleinwoorde.

Sinoniem:
• suffiks
• uitgang

Antoniem:
• voorvoegsel

Afkorting:
• av.
• agterv.

Vertaling:
Engels: suffix
Nederlands: achtervoegsel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hen
Volgende onderwerp: steel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 03:41:13 MGT 2024