Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hen
hen [boodskap #126738] So, 23 Junie 2019 19:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18632
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Haan en hen met hul kuikens op 'n plaas.
'n Haan en hen met hul kuikens op 'n plaas.
hen
Afbreking: hen
Uitspraak: /ɦen/




Selfstandige naamwoord: hen
Meervoud: henne
Verkleinwoord: hennetjie
Meervoud van verkleining: hennetjies

Betekenis:
• 'n Vroulike voël of hoender.

Gebruik:
• Manlike hoender word 'n haan genoem, en 'n vroulike hoender staan as 'n hen bekend.
• Die hen lê elke dag 'n paar eiers.

Spreekwoord:
• Die hen wat die goue eiers lê. [Die bron wat baie voordeel bring.]
• 'n Hen wat kraai word nek omgedraai. ['n Berisping aan meisies wat fluit.]
• Die eiers wil slimmer wees as die hen. [Die kind verbeel hom hy weet meer as die ouer.]
• Moenie al jou eiers onder een hen sit nie. [Moenie al jou geld in een onderneming belê nie.]
• Hy loop rond soos 'n hen wat 'n eier wil lê. [Rusteloos rond en bont loop.]
• 'n Blinde hen kry ook partykeer 'n mieliepit. [Selfs die onwaarskynlike kan gebeur.]
• 'n Eiewys hen lê die eier opsy. [Iemand wat nie na raad luister nie, begaan foute.]
• Die haan kraai baie harder as die hen wat die eier gelê het. [Gesê van iemand wat hom lof aanmatig wat hom nie toekom nie.]

Sinoniem:
• wyfiehoender

Antoniem:
• haan

Vertaling:
Engels: hen
Nederlands: hen, kip
Swazi: sikhukhukati
Venda: phambo
Xhosa: isikhukukazi
Zoeloe: isikhukukazi

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vos
Volgende onderwerp: agtervoegsel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 10:04:09 MGT 2024