Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » motor
motor [boodskap #126673] Ma, 17 Junie 2019 19:09
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18627
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Motorkarre
Motorkarre
motor
Afbreking: mo•tor
Uitspraak: /ˈmʊə̯.tər/




Selfstandige naamwoord: motor
Meervoud: motors
Verkleinwoord: motortjie
Meervoud van verkleining: motortjies

Betekenis:
• Motorvoertuig waarin 'n mens van een punt na 'n ander ry. 'n Voertuig met 'n enjin, bakwerk en drie of meer wiele.

Gebruik:
• 'n Motor word gewoonlik in 'n motorhuis of onder 'n motorafdak geberg.

Sinoniem:
• kar
• motorkar
• motorvoertuig
• outomobiel

Afgelei:
• motorhandelaar
• motorkaping
• motorlisensie
• motorwrak
• Noagsmotor
• sportmotor

Vertaling:
Engels: motor, motor-car, automobile
Nederlands: auto

'n Kar se motor.
'n Kar se motor.

Selfstandige naamwoord: motor
Meervoud: motore
Verkleinwoord: motortjie
Meervoud van verkleining: motoortjies

Betekenis:
• Die masjien van 'n toestel wat krag lewer; gereedskap wat een of ander vorm van energie in meganiese energie omskep.

Gebruik:
• Die vliegtuig se motor het uitgebrand.
• Hierdie motor werk met wisselstroom.

Sinoniem:
• enjin

Vertaling:
Engels: engine
Nederlands: motor

Nota:
• Die meervoud van "motor" is "motors" wanneer daar na 'n voertuig verwys word, maar as daar na 'n masjien verwys word (bv. elektriese motor) is die meervoud "motore".
• Pasop, 'n "motor" in Nederlands is 'n motorfiets en nie 'n motorkar nie!

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aap
Volgende onderwerp: pleknaamkunde
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 19:06:31 MGT 2024