Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Balzac, Honoré de
Balzac, Honoré de [boodskap #126202] So, 26 Mei 2019 19:24
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Honoré de Balzac in 1842
Honoré de Balzac in 1842
Honoré de Balzac (1799 - 1850) was 'n Franse romanskrywer; een van die grootste romanskrywers van die wêreldletterkunde, ’n besondere uitbeelder van karakter en die samelewing. Hy onttrek hom aan die sakelewe nadat hy in die skuld geraak het en wy hom geheel aan die letterkunde. Sy lewenswerk is ’n reeks romans en groot novelles wat tesaam La Comêdie Humaine (Die Menslike Skouspel) heet en ongeveer 12,000 bladsye beslaan. Balzac was ’n ongeëwenaarde sterk en vrugbare romansier. Tot die allerbelangrikste romans uit bogenoemde reeks behoort: Louis Lambert (1833); Le Pêre Goriot (Vader Goriot, 1834); La Cousine Bette (Nig Bette, 1846); Splendours et Misêres des Courtisanes (Prag en Armoede van die ontugtige Vroue, 1847) en Le Cousin Pons (Neef Pons, 1847). Sy boek, Eugénie Grandet, is in 1945 deur J.F. Marais in Afrikaans vertaal.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Baltimore
Volgende onderwerp: Bambaat-opstand
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 09:18:41 MGT 2024