Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Balseming
Balseming [boodskap #126200] So, 26 Mei 2019 18:57
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die mummie van Jeremi Wiśniowiecki in 'n klooster naby Kielce (Pole).
Die mummie van Jeremi Wiśniowiecki in 'n klooster naby Kielce (Pole).
Balseming is die gewoonte om lyke te bewaar (te balsem). Dit word vandag nog toegepas, veral in die V.S.A., maar word hoofsaaklik met die ou Egiptenare geassosieer. Die brein en die ingewande is verwyder, die maag met palmwyn uitgespoel en met parfuum (mirre, kassie, ens.) gevul, die liggaam is 70 - 90 dae in natriumkarbonaat gelê en dan in vergomde linnedoeke toegedraai. ’n Lyk wat so gebalsem is, word ’n mummie genoem. Die gebruik het ontstaan uit ’n geloof in die opstanding van die liggaam.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Balsem van Gilead
Volgende onderwerp: Baltimore
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 10:57:55 MGT 2024