Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hoog
hoog [boodskap #126184] So, 26 Mei 2019 09:35
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18816
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hoog
Afbreking: hoog
Uitspraak: /ɦʊəχ/




Byvoeglike naamwoord: hoog
Vergrotende trap: hoër
Oortreffende trap: hoogste
Attributief: hoë
Partitief: hoogs
Intensief: hemelhoog, helhoog

Betekenis:
• Iets wat ver na bo strek (lank) of ver bo die grond af is.
• Die afstand tussen die bo- en die onderkant.
• Bo die normale; groot.

Gebruik:
• Die leer is hoog.
• Bêre die blik met koekies bo-op iets hoogs.
• Die woonstel is 7 verdiepings hoog.
• Haar IK is hoog.
• Reinheid is nie net iets hoërs nie: dit is 'n kategorie op sy eie.

Spreekwoord:
• Die nood is hoog. [Toestande is baie ernstig.]
• Die troukoors loop hoog. [Daar is gretigheid om te trou.]
Hoog by iemand aangeskrewe staan. [In iemand se guns wees.]
Hoog en droog daar sit. [Sonder om aan iets deel te hê.]
Hoog en laag sweer. [By die hemel en aarde sweer.]
• Sy is hoog in aansien. [Hooggeag / belangrik wees]
• Hy is net twee bakstene hoog. [Hy is baie kort.]
• Sy sit die lied te hoog in. [Te gou groot vriende word.]
• Hy vlieg te hoog. [Hy lewe hoër as wat hy kan bekostig.]
• Iemand timmer nie hoog nie. [Iemand het nie baie verstand nie.]
• Moenie te hoog vlieg nie. [Moenie meer onderneem as wat jy kan behartig nie.]
• Hoog gevlieg en laag geval. [Iemand het te weelderig gelewe en toe bankrot gespeel.]
• Hy het die skoot hoog deur. [Hy is smoorverlief; baie dronk; baie ingenome met iets.]

Vergelyking:
• So hoog soos die wolke.

Antoniem:
• laag

Afgelei:
• hoogheid
• hoogmoedig
• hoogwaardig

Vertaling:
Engels: high
Nederlands: hoog

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: leef
Volgende onderwerp: gebaseer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 04:48:54 MGT 2024