Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » erken
erken [boodskap #126123] Do, 23 Mei 2019 19:16
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18802
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
erken
Afbreking: er•ken
Uitspraak: /ɛrˈkɛn/




Werkwoord: erken
Verlede tyd: het erken

Betekenis:
• Openlik met iets uitkom.
• Insien; toegee.
• As wettig, eg of korrek aanvaar.

Gebruik:
• Die dief het skuld erken.
• Sy wou nie erken dat sy 'n fout gemaak het nie.
• Daar is bykans geen land wat Katalonië as 'n onafhanklike staat sal erken nie.

Antoniem:
• ontken

Afgelei:
• erkenning
• erkentlik
• erkentenis

Vertaling:
Engels: to acknowledge, recognise, admit, confess
Nederlands: erkennen
Xhosa: ukufanisa

Nota:
• Moenie "erken" met "herken" verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sodoende
Volgende onderwerp: sinode
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 05:44:27 MGT 2024