Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » reg
reg [boodskap #126121] Do, 23 Mei 2019 19:01
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18816
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
reg
Afbreking: reg
Uitspraak: /rɛχ/




Byvoeglike naamwoord: reg
Attributief: regte
Intensief: doodreg

Betekenis:
• Goed en korrek; nie verkeerd nie.
• Gereed en klaar.

Gebruik:
• Nee, dis mos nie reg nie! Dis reg, een plus twee is drie.
• Is jy reg vir die partytjie vanaand?

Spreekwoord:
• Dis so reg in die leeu se bek. [Direk in die gevaar.]
• Hy beweeg hemel en aarde om dit reg te kry. [Alles wat moontlik is.]
• Geld wat sleg is, maak reg wat krom is. [Geld maak baie knoeiery moontlik.]
• Geld wat geel is, maak reg wat skeel is. [Met geld kan 'n mens baie dinge regmaak.]

Vergelyking:
• So reg soos 'n roer. [Ten volle gereed.]

Antoniem:
• verkeerd

Vertaling:
Engels: straight, rightly, just, true
Nederlands: juist


Bywoord: reg

Betekenis:
• Presies; net. Reguit; in orde. Behoorlik; juis; goed.

Gebruik:
• Jy moet jou taal reg gebruik.
• Hy het reg geraai.
• Sy het 8 uit 10 vrae reg geantwoord.

Vertaling:
Engels: right, correct
Nederlands: juist


Selfstandige naamwoord: reg
Meervoud: regte
Verkleinwoord: reggie
Meervoud van verkleining: reggies

Betekenis:
• (juridies) Al die reëls in 'n samelewing wat deur owerhede in wetgewing neergelê is om die gedrag van en verhouding tussen regsubjekte te reguleer.
• Geregtigheid; regverdigheid; billikheid.
• Wetlike, sedelike bevoegdheid, voorreg.

Gebruik:
• Volgens die reg mag ek nie hier visvang nie, maar ek doen dit tog.
• Wie het jou die reg gegee om my te oordeel.
Reg en geregtigheid moet geskied.

Spreekwoord:
• Die reg moet sy loop neem. [Wat regverdig is, moet gedoen word.]
• Mag gaan bo reg. ['n Sterk mens kan maak wat hy wil.]

Vertaling:
Engels: justice, law, claim, right
Nederlands: recht
Venda: pfanelo, mulayo
Xhosa: ukulunga, okulungileyo, umthetho, ilungelo
Zoeloe: okulungileyo, ukulunga, umthetho, igunya

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: stryd
Volgende onderwerp: sodoende
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 17:51:58 MGT 2024