Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Swangerskap
Swangerskap [boodskap #126048] Ma, 20 Mei 2019 19:23 na volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
'n 17 Jarige tiener vertel haar ma al huilende dat sy swanger is.
Al gillende vereis die ma dat die meisie sê wie die pa is.
Sy bel iemand...
Twintig minute later trek 'n Ferrari by die erf in.
'n Ouer man in 'n Armani-pak klim uit.
Hy soengroet die tiener, vat haar hand en gaan sit in die voorhuis saam met die ouers.
"Dag oom, dag tannie" sê hy.
"Jul dogter het my van die probleem vertel. Ek sal tot die punt kom.
Ek kan nie met haar trou nie vanweë my persoonlike situasie, maar ek kan dit regstel.
Ek sal alle uitgawes betaal en vir jul dogter sorg vir die res van haar lewe.
As dit 'n dogter is, kry sy twee ondernemings, 'n dorpshuis,
'n villa by die see en 'n R2 miljoen bankrekening.
As dit 'n seun is, kry hy ‘n paar fabrieke en R4 miljoen in die bank.
Vir 'n tweeling gee ek elkeen R2 miljoen in die bank.
Wat dink julle moet ek doen as daar 'n miskraam is?
"
Op die punt breek die pa die stilte:
"Dan probeer julle maar weer, boetie."
Re: Swanerskap [boodskap #126194 is 'n antwoord op boodskap #126048] So, 26 Mei 2019 17:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Jannie en Sannie is 5 jaar en speel saam.
Die twee gaan toe na Sannie se pa toe.
Jannie: "Oom, ek en Sannie wil trou."
Pa: "Nou waar gaan julle bly?"
Jannie: "Ons het besluit om in Sannie se pophuis te bly."
Pa: "Goed, en wat gaan julle eet?"
Jannie: "Ons het besluit, een aand sal ons hier kom eet en die een aand sal ons by my ma-hulle eet!"
Pa: "Dit klink goed, maar wat as daar kindertjies is?"
Jannie: "Oom, ons het daaraan ook gedink en besluit as Sannie begin eiertjies lê, dan trap ons hulle stukkend!"
Re: Swangerskap [boodskap #126505 is 'n antwoord op boodskap #126194] Sa, 08 Junie 2019 20:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Terwyl die ma haar baba borsvoed, kom haar vriendin se vyfjarige seuntjie in die kamer in.
Omdat hy nog nooit so 'n aksie gesien het nie, vra hy wat die tannie doen.
Sy ma antwoord dat die tannie die baba kos gee.
Seuntjie se kommentaar: "Heng, so ‘n groot stuk vleis en nie eers een aartappel by nie!"
Re: Swangerskap [boodskap #126506 is 'n antwoord op boodskap #126505] Sa, 08 Junie 2019 20:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Jannie: "As binne egtelike kinders deur die ooievaar gebring word, waar kom buite-egtelike kinders vandaan?"
Ma antwoord: "Rondloper voëls!"
Re: Swangerskap [boodskap #133709 is 'n antwoord op boodskap #126506] Do, 24 September 2020 08:52 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Klein Jannie vra sy pa: "Waar kom ek vandaan?"
Sy pa antwoord hom skertsend. "Jy was 'n klein apie toe jou ma jou gevang het."
Jannie vra weer: "... en waar kom pa vandaan?"
Sy pa fluister saggies: "Ek was al 'n groot aap toe jou ma my gevang het".
Vorige onderwerp: Biltong
Volgende onderwerp: Gatte van Vergelyking
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 23:52:36 MGT 2024