Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » (Liriek) Boshoek, deur Koos du Plessis
(Liriek) Boshoek, deur Koos du Plessis [boodskap #10429] Wo, 20 Augustus 1997 00:00
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
(Jammer, geen "uitgebreide-ASCII" leestekens)

Boshoek

In Boshoek se tyd was die wêreld
nog wyd
en die oe blink en oop.
Soos die bospaadjies kronkel, waar
katlagters konkel,
het die wêreldkaart geloop.

Die hart was nog heel en die vreugde te veel
en die hemel net hierbo;
en by hardekoolvure, in die middernagure,
kon jy al's wat mooi is, glo.

Maar Boshoek lê ver,
net so ver soos die ster
wat daar huiwer bo die maan.
En my blik is versper,
want dis ligjare ver;
tog dwaal my hart soms nog alleen
met lank-vergete paadjies daarheen.

Boshoek se dae was dae sonder vrae,
jy't geweet wat jy wil weet:
so seker, so helder, soos tabak in die kelder,
met die dag se sweet vergeet.
En die volkies se sang kon 'n siel laat verlang.
maar net die Vader weet na wat,
want die lewensintriges, wie lieg of belieg is,
was nog verder as die stad.

Maar Boshoek lê ver,
net so ver soos die ster
wat daar tuimel oor die maan;
en my blik is versper,
want dis ligjare ver,
tog dwaal my hart soms nog, alleen,
met lank-vergete paadjies langs daarheen.
Vorige onderwerp: Goeie Afrikaanse musiek
Volgende onderwerp: Internet op die lug
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 00:13:01 MGT 2024