Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Die Koperkapel
Die Koperkapel [boodskap #23127 is 'n antwoord op boodskap #23128] Vr, 21 Mei 1999 00:00 na volgende boodskap
Theo Holtzhausen  is tans af-lyn  Theo Holtzhausen
Boodskappe: 4
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
Die digters tussen ons, kan julle nie vir my die bg. gedig deurstuur nie
asb? Dit is deur 'n bekende (wyle) digter n.a.v. een van die veldslae van die
Anglo Boere-oorlog. Meer weet ek ongelukkig nie.
Re: Die Koperkapel [boodskap #23128 is 'n antwoord op boodskap #23127] Vr, 21 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Die Koperkapel C. Louis Leipoldt

Die koperkapel kom uit sy gat
En sluip die rantjie rond :
"Dir het gereën ; die veld is nat
En nat is die rooi-geel grond."
Die meerkat kom en sy ogies blink,
En hy staan orent en wag.
En die stokou ystervark sê : "Ek dink
Die reën kom weer vannag."
Maar die geitjie piep : "Dis glad nie reën !
Dis klewerig, swart en rooi :
Kom jy sulke reën in jou lewe teen -
So glad, so styf, so mooi ?"
En die wyse steenuil waag sy woord :
"Dis bloed, dis mensebloed !
Dis lewensbloed wat hierdie oord
Se bossie-wortels voed."

Pragtige gedig - laat my dink aan "Le dormeur du val" van Arthur Rimbaud.

--
E- mail :gervaas...@ping.be
Homepage: http://www.ping.be/hilda-gervaas en
http://www.oocities.org/SoHo/Square/7005
Re: Die Koperkapel [boodskap #125307 is 'n antwoord op boodskap #23127] Sa, 13 April 2019 16:41 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
"Die koperkapel kom uit sy gat" gebruik diere (dus personifikasie) om kommentaar op 'n veldslag uit die Groot Trek te lewer. 'n Koperkapel (ook Kaapse Kobra of Geelslang genoem), 'n meerkat, ystervark, geitjie en 'n steenuil kry elk 'n spreekbeurt. Die gedig versinnebeeld die sinneloosheid van onnodige bloedvergieting. Selfs die diereryk is uiteindelik nie so wreed as wat mense kan wees nie. Dit rig ook 'n waarskuwing aan toekomstige geslagte om nie ligtelik by oorloë betrokke te raak nie.

NS: Sover ek verstaan handel die bundel waaruit die gedig kom oor die Trek, hoewel dit moontlik deur die veldslae van die Anglo-Boereoorlog geïnspireer is. Leipoldt was per slot 'n oorlogskorrespondent vir die "Manchester Guardian" gedurende die Anglo-Boereoorlog.
Vorige onderwerp: Jan Koekepan .... ?
Volgende onderwerp: "Die ystervarkie" deur C. Louis Leipoldt
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 10:57:50 MGT 2024