Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Andersen, Hans Christian
Andersen, Hans Christian [boodskap #125167] Do, 21 Maart 2019 07:34
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Hans Christian Andersen
Hans Christian Andersen
Hans Christian Andersen (1805 - 75) was 'n Deense skrywer; gebore in Odense, seun van ’n arm skoenmaker. As kind, lelik, lomp en skamerig, het hy in vervoering geluister na sy grootmoeder se verhale van towerhekse en feë, groot behae in sy poppeteater geskep en toneelstukke vir karton-akteurs geskrywe. As jong man het hy in die buiteland gereis en roem verwerf met sy reisbeskrywings, romans en gedigte. Later het hy die grootste roem verwerf met sy verruklike sprokies. Hiervan het hy gesê: "Hulle klop aan my voorkop en roep: 'Hier is ons'” Hy het Engeland in 1847 besoek en by Dickens tuis gegaan. Sy verhaal Die lelike Eendjie kan as ’n fantasie op sy eie lewe beskou word. Oorlede in Kopenhagen.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Andamane en Nikobare
Volgende onderwerp: Anderson, Colin Bruce
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 23:00:57 MGT 2024