Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Anatomie
Anatomie [boodskap #125162] Wo, 20 Maart 2019 06:31
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Anatomiese tekening van 'n linkerhand.
'n Anatomiese tekening van 'n linkerhand.
Anatomie (van Grieks vir "aan-stukke-snyding") is die wetenskaplike studie van liggame (veral van die mens en dier); die bou daarvan word blootgelê deur lyke stukkend te sny of ontleed; vandaar word anatomie ontleedkunde genoem.

Deur die anatomie word kennis opgedoen aangaande die struktuur van verskeie liggaamstelsels, d.w.s. die bewegingstelsel (beendere en die spiere wat hulle beweeg), spysverteringstelsel, limfatiese stelsel (wat opgenome stof uit voedsel in die bloed oorbring en afvalstowwe verwyder), asemhalingstelsel, vatestelsel (hart, slagare en are), senustelsel (brein, senuwees en sintuie).

Die anatomie behels nie die studie van hoe die lewende liggaam werk nie - dit word fisiologie genoem. Voorheen was dit moeilik vir anatomieskole om toereikende voorrade lyke vir ontleding te verkry, en om en by 1800 was lykrowers (mense wat pas begrawenes opgegrawe en aan anatome verkoop het) baie aktief.

Burke en Hare was twee misdadigers wat in 1827 in Edinburg verhoor is weens moord op mense wie se lyke hulle op dié manier verkoop het. R.L. Stevenson het ’n grusame verhaal daaroor geskrywe met die naam The Anatomists.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Anatolië
Volgende onderwerp: Ancona
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 10:41:14 MGT 2024