Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Anatolië
Anatolië [boodskap #125161] Wo, 20 Maart 2019 06:23
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Anatolië word op 'n satellietbeeld aangedui.
Anatolië word op 'n satellietbeeld aangedui.
Anatolië is die "Land van die Opkomende Son" of die Ooste, d.w.s. Klein-Asië of Asiatiese Turkye. Dit is 'n skiereiland in die verre weste van Asië wat 'n deel van die land Turkye beslaan. Die gebied van 756 000 vierkante kilometer word in die weste deur die Egeïese See begrens, in die noordweste deur die See van Marmara en Thrakië, in die noorde aan die Swartsee, in die ooste aan Georgië, Armenië, Azerbeidjan en Iran, in die suidooste aan Irak en Sirië, en in die suide aan die Middellandse See. Anatolië is al sedert die oudheid die tuiste van talle beskawings.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Anargisme
Volgende onderwerp: Anatomie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 08:59:32 MGT 2024