Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Silwer Surfers op die Internet
Silwer Surfers op die Internet [boodskap #124827] Wo, 20 Februarie 2019 06:04 na volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Ons Silwer Surfers (ouer mense op die internet) het soms probleme met ons rekenaars.
Ek het gister 'n probleem gehad en toe skakel ek vir Janneman, die 11-jarige buurseun.
Janneman druk 'n paar knoppies en die probleem is opgelos.
So in die wegstap roep ek agter hom aan "so wat was fout?"
en hy antwoord dit was 'n ID-tien-T-fout!
Ek wou toe nie te dom lyk nie en vra maar nietemin:
  "'n ID-tien-T-fout? Wat is dit, ingeval ek nodig het om dit weer te gebruik?"
Janneman grinnik, "het oom nog nooit van ‘n ID-tien-T-fout gehoor nie?"
  "Nee", antwoord ek.
  "Skryf dit neer", sê hy, "ek dink oom sal dit wel snap."
So skryf ek dit toe neer: 'IDIOT.'
Om te dink ek het voorheen van die mannetjie gehou.
Re: Silwer Surfers op die Internet [boodskap #126195 is 'n antwoord op boodskap #124827] So, 26 Mei 2019 17:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
WAAROM SENIORS KOERANTE NODIG HET

Ek het gisteraand my seun besoek toe ek gevra het of ek 'n koerant kan leen.
  "Dit is die 21ste eeu", het hy gesê.

  "Ons mors nie geld op koerante nie.
  Hier, gebruik my iPad.
"

Ek kan dit vir jou sê... daai vlieg het nie geweet wat hom tref nie!
Re: Silwer Surfers op die Internet [boodskap #137516 is 'n antwoord op boodskap #126195] So, 08 Augustus 2021 19:59 Na vorige boodskap
Aduppie  is tans af-lyn  Aduppie
Boodskappe: 4
Geregistreer: Augustus 2021
Karma: 0
Junior Lid
Hoe lekker lag ek nou
Vorige onderwerp: Gewig
Volgende onderwerp: Koronavirus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 08:24:15 MGT 2024