Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Afrikaner
Afrikaner [boodskap #124819] So, 17 Februarie 2019 07:36
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Afrikaner kan na een van die volgende verwys:

1. 'n Blanke Afrikaanssprekende persoon van Suid-Afrika of iemand wat hom met die groep vereenselwig. Afrikaners is, met 'n bevolking van nagenoeg 3.5 miljoen, 'n etniese minderheidsgroep in Suid-Afrika.

2. 'n Beesras. Sien Afrikanerbees.

3. Verskeie veldplante van die geslag Gladiolus, bv. G. grandis (grootbruinafrikaner), en G. maculatus (kleinbruinafrikaner). Sommige wat saans welriekend is, word ook aandblom genoem. Sien Gladiolus. Ook die veldplante Homoglossum watsonium en H. priorii (beide rooiafrikaner), met mooi ritse rooi blomme.

4. Skerpruikende tuinplant Tagetes patula (stinkafrikaner), oorspronklik uit Mexiko.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Afrikaanse toneel
Volgende onderwerp: Aanjaer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 07:10:47 MGT 2024