Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Geelperskereën
Geelperskereën [boodskap #124744] Sa, 09 Februarie 2019 19:32
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Geelperskes
Geelperskes
Geelperskereën verwys na die sagte, langdurige en deurdringende reën wat val wanneer die geelperskes ryp word. Dit vind tipies in die laat somer van Februarie tot April plaas. Die reëns belemmer gewoonlik die bewerking van die geelperskes in die streke waar dit verbou word.

Geelperskereën is ook die titel van 'n liedjie wat deur Anton Goosen gewild gemaak is:

"As die geelperskereën veertien dae in die boorde val
En dit reën bietjie-bietjie en dit reën bietjie-bietjie
En dit reën in die Wes-Transvaal
As die geelperskereën veertien dae in die boorde val
Dan hoor jy hoe die railway-perskes in die ketel val

O, die vaalhaarnooi, die rietdakhuis, die perskebrandewyn
Dis vaalblaar in die ketel by Hartebeesfontein
Die oompie kerf die pitte en hy sit die helm op
Hy smeer hom toe en stook hom en hou die voorloop dop

As die geelperskereën veertien dae in die boorde val
En dit reën bietjie-bietjie en dit reën bietjie-bietjie
En dit reën in die Wes-Transvaal
As die geelperskereën veertien dae in die boorde val
Dan hoor jy hoe die railway-perskes in die ketel val
O, die vaalhaarnooi, die rietdakhuis, die perskebrandewyn
Dis vaalblaar in die ketel by Hartebeesfontein
Die oompie van die Mampoerbelt kry lekker tot in sy toon
Die boere bestel sy varkies sommer so oor die foon

As die geelperskereën veertien dae in die boorde val
En dit reën bietjie-bietjie en dit reën bietjie-bietjie
En dit reën in die Wes-Transvaal
As die geelperskereën veertien dae in die boorde val
Dan hoor jy hoe die railway-perskes in die ketel val

O, die vaalhaarnooi, die rietdakhuis, die perske brandewyn
Dis vaalblaar in die ketel by Hartebeesfontein
Dis boer medisyne dié, hy kan ook vir jou moor
Die Ingelsman vat net een sluk en hy val skoon agteroor!

As die geelperskereën veertien dae in die boorde val
En dit reën bietjie-bietjie en dit reën bietjie-bietjie
En dit reën in die Wes-Transvaal

As die geelperskereën veertien dae in die boorde val
Dan hoor jy hoe die railway-perskes in die ketel val
Dan hoor jy hoe die railway-perskes in die ketel val
"
Vorige onderwerp: Abisai
Volgende onderwerp: Abjatar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 19:08:20 MGT 2024