Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Stormvoël of Malmok (Tubinares)
Stormvoël of Malmok [boodskap #124015] Sa, 12 Januarie 2019 20:10
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Stormvoël of Malmok is seevoëls wat in die verre suide nesmaak tydens die Antarktiese somer. Hulle behoort aan die familie Tubinares en word so genoem vanweë die feit dat hulle neusgate in horingagtige buise in die bek is. Dit sluit in die klein stormvoël, algemeen aan die kus; die middelslag Kaapse hennetjie, swart met wit bek en keel; Kaapse duif met sy geruite liggaam en wit gevlekte vlerke; die groot geelbek-malmokke (klein albatrosse) met hulle swart vlerke wat skepe in hulle duisendtalle agtervolg en die trekkende albatros self met sy swartpuntige vlerke met ’n span van 11 voet. Sien Voëls.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Stormjaer
Volgende onderwerp: Stormvogel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 11:03:17 MGT 2024