Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Stormberg
Stormberg [boodskap #124013] Sa, 12 Januarie 2019 20:04
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Stormberg is 'n bergreeks naby Wodehouse, Kaapland; ’n verlenging van die Drakensberg, en is tot nagenoeg 6,000 voet hoog. Bekend vir onherbergsame, dog majestueuse natuurtonele en vir die steenkoolneerslae wat in 1878 daar deur ’n pionier met die naam North ontdek is. Die steenkool, wat van swak gehalte was, was vir ’n lang tyd, tot die begin van die Natalse en Transvaalse velde, die enigste plaaslike bron. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het die Britte op 10 Desember 1899 ’n swaar nederlaag naby die Stormberg-aansluiting gely. Generaal Gatacre het meer as 700 man verloor.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Stoneman, Dr. Bertha
Volgende onderwerp: Stormjaer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 20:56:46 MGT 2024