Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Seeleeu (Actocephalns pusilus)
Seeleeu [boodskap #123754] Do, 10 Januarie 2019 07:02
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Seeleeus wat in die son bak.
Seeleeus wat in die son bak.
Die seeleeu (Actocephalns pusilus) is 'n amfibiese, poligame en familiesoogdier wat op klein eilande van Saldanhabaai tot by Algoabaai aangetref word. Hulle vorm 'n groep van seeroofdiere wat aan die familie van oorrobbe (Otariidae) behoort.

Met sy ronde lyf en vinpote is die seeleeu goed toegerus vir die seelewe. Dit jag vis tot so ver suid as die Suidpool. Dit het lang tande en kragtige skouers. Die vel van die wyfie en jong mannetjie is ’n handelsartikel wat deur die Regering beheer word, maar dit is nie so waardevol as die ware noordelike rob nie.

Die seeleeu verskil van die rob deurdat dit klein oortjies en ’n kort nek het, terwyl die agterste vinpote vorentoe gedraai is sodat dit kan loop. (Die rob beweeg op sy liggaam op land en die vinpote is na agter gekeer om te swem). ’n Tropleier van 2,1 meter (7 voet) sal, nadat hy ’n twintigtal wyfies van 1,2 meter (4 voet) in ’n geveg verower het, elkeen van hulle twee kleintjies weke lank beskerm sonder om selfs te eet.

Die seeleeu het sowat 3 miljoen jaar gelede van die seebere afgestam. Die seeleeu is oor die algemeen groter as die seebere, het 'n stomper snuit en kleinere flippers. Die belangrikste verskil tussen die twee groepe is die ondervag, wat by die seeleeus ontbreek.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Seekoei
Volgende onderwerp: Seemeeue en Roofmeeue
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 00:50:00 MGT 2024