Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Rooivink (Ploceidae)
Rooivink [boodskap #123615] So, 06 Januarie 2019 14:20 na volgende boodskap
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Rooivink.
'n Rooivink.
Die Rooivink (Ploceidae) is 'n helderkleurige voël van die wewerfamilie (voëls wat 'n nessie weef). Variëteite sluit in: die rooi kaffervink (is daar 'n beter naam?), waarvan die mannetjie in paarseisoen helderrooi en swart is, en met klappende vlerke vlieg. Veelwywig en parmantig. Die geelvink (geel kaffervink) van die oostelike kusgebiede is groter, geel en swart met soortgelyke gewoontes. Albei verkies vlei-agtige woonplekke. Die goudgeelvink (goudgeel kaffervink), geel en swart, word hoofsaaklik noord van Durban aangetref. Sien Wewers en Voëls.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Re: Rooivink [boodskap #134313 is 'n antwoord op boodskap #123615] Wo, 28 Oktober 2020 20:14 Na vorige boodskap
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Ons het reeds 'n artikel oor wewers (Ploceidae).
Ek vermoed die artikel gaan oor die genus Euplectes (vinke en flappe) en moet dus oorgeskryf word.

Bekende lede:
rooivink (Euplectes orix)
goudgeelvink (Euplectes afer)
Kaapse flap (Euplectes capensis) - waarskynlik die geelvink waarna hierbo verwys word (yellow bishop).
...
Vorige onderwerp: Titus, Danny
Volgende onderwerp: Volksraad
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 22:07:02 MGT 2024