Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Afrikaanse spraaksintese (Blik­stem­)
Afrikaanse spraaksintese [boodskap #122458] Vr, 21 Desember 2018 16:02
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Spraaksintese is die omskakeling van teks na spraak. Die spraak word kunsmatig deur 'n rekenaar voortbring, wat 'n lêer met woorde na oudio omskakel. Die tegnologie hiervoor was tot onlangs slegs in Engels beskikbaar, maar na jare se navorsing om 'n teks-na-spraak-stelsel (TSS) in Afrikaans te ontwikkel, is dit nou uiteindelik haalbaar. Hierdie TSS-sagteware is ontwikkel deur die HLT-navorsingsgroep by die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) se Meraka-instituut.

Inclusive Solutions, 'n maatskappy wat tegnologie bied aan individue met gestremdheid of 'n kommunikasiegebrek, verskaf die "blikstemme" aan die Suid-Afrikaanse publiek. Die stemme is ook in Zoeloe, Xhosa, Pedi en ander inheemse tale beskikbaar. Die produk kan op hulle webtuiste by http://savoices.inclusivesolutions.co.za/ bestel word.

Vorige onderwerp: Wat is 'n muidjie?
Volgende onderwerp: Ortografie van die onbepaalde lidwoord
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 19:55:21 MGT 2024