Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Glossopteris
Glossopteris [boodskap #121958] Do, 13 Desember 2018 07:08
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Glossopteris is 'n genus fossielplant wat oral in die Suidelike Halfrond aangetref word, insluitend Suid-Afrika. Word erken as die belangrikste lid van die Glossopteris flora wat die ou kontinent van Gondwanaland in die Permo-steenkooltydperk beklee het. Dit het die hoofbestanddeel van sy steenkool gevorm. Die plant was meer as 'n eeu lank bekend alleenlik deur baie spesies blare, maar in 1952 is die eerste vrugliggame (organe van vrugvorming) geïdentifiseer deur dr. Edna Plumstead van die Universiteit van die Witwatersrand. Die ontdekking het internasionale opspraak verwek in botaniese kringe aangesien die strukture uniek was. Dit het die skepping van 'n nuwe klas plante genoodsaak - die Glossopteridae - en is so gevorderd vir hulle tyd dat dit die verlore skakels in die eeuelange soektog na die oorsprong van blomdraende plante blyk te wees. Die oorspronklike vrugliggame is deur S.F. le Roux is gruisgate naby Vereeniging in Transvaal gevind.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Globe en Phoenix-Goudmyn
Volgende onderwerp: Gluck, Mev. Sarah
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 13:33:15 MGT 2024