Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Die Wilgerboom
Die Wilgerboom [boodskap #121695] Vr, 07 Desember 2018 17:27
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Wie onthou nog die Wilgerboom van Potchefstroom?



Herbie en Spence begin hulle sangloopbaan in 1969 met 'n talentkompetisie vir LM-radio, wat aan hulle 'n platekontrak besorg. Hulle treffer, Die Wilgerboom, het in 1972 'n roemryke loopbaan in die Afrikaanse musiek ingelei. In 1978 is hulle, ná 'n landswye meningspeiling, as die gewildste sanggroep in Suid-Afrika aangewys. Hier is die lirieke van Die Wilgeboom:

Daar op potchefstroom
staan 'n mooi ou wilgerboom
met twee name in sy stam daaruit gesny
daar het ons ontmoet
die ontmoeting was so soet
ja daar het ons mekaar eens nie geken

die wilger het gegroei
en ons liefde het gebloei
hoe dikwels het ons daar gesit en droom
name uitgesny
en ons harte was so bly
by die wilgerboom daar in ou potchefstroom

die jare het gekom en die jare het gegaan
maar net soos die wilger het ons liefde steeds bly staan

so nou en dan gaan ek
en my vroutjie na die plek
dis net soete-soet herinnerings of so
dan sien ek weer my nooi
is vandag nog net so mooi
by die wilgerboom daar in ou potchefstroom

die jare het gekom en die jare het gegaan
maar net soos die wilger het ons liefde steeds bly staan

so nou en dan gaan ek
en my nooientjie na die plek
dis net soete-soet herinnerings of so
dan sien ek weer my nooi
is vandag nog net so mooi
by die wilgerboom daar in ou potchefstroom
Vorige onderwerp: Potgooi - dis nou 'n Afrikaanse Podcast.
Volgende onderwerp: Die Gelofte
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 22:08:52 MGT 2024