Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Oor SA jazz.
Re: Oor SA jazz. [boodskap #8666] Wo, 26 Februarie 1997 00:00
Abel du Plessis[2]  is tans af-lyn  Abel du Plessis[2]
Boodskappe: 4
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Junior Lid
gide...@xpoint.co.za (Gideon van Zyl) wrote:

>> > Where It�s Happening.� >>>
>>
>> Sover ek weet bestaan dit nog.
>> Die opname is mos saam met Basil Coetsee op sax?
>>
> Basil "Mannenberg" Coetzee is hoe hy in die volksmond nog bekend is :)
>
My gunsteling opname van A Ebrahim is 'Water from an ancient well' -
het dit op ons troue laat speel. Onder my versameling is ook 'n opname
saam met Kippie Moketsi.

> Hehehe :) as jy al ooit op 'n "Jazz Trein" was, sal jy weet - in meeste
> treinwaens hang so 'n blou walm in die lug, en almal raak vrolik - en dit is 'n
> HELE ruk voordat die musiek begin ;)
>
Laat my dink aan my studentedae: ek het vrydagaande van die puk af
deurgery na die Market, 'n opvoering gekyk, ietsie genuttig en dan by
Kippies uitgehang tot die oggendure.
Dit was die dae wat Kippies nog 'n warm 'houseband' gehad het. Daar
het ek ook vir Allan Kwela ontmoet. Een nag in sy woonstel iewers in
Braamfontein ge-eindig saam met 'n italiaanse drommer en 'n paar van
my vriende. Allan het 'n lang zol gedraai, vir elkeen 'n dop tia maria
geskink en sy kitaar en ampie uitgehaal. 'n Paar uur later was ons nog
daar en die italianer het byna sy vlug verpas. Dit was die laaste wat
die vriende saam met my uitgegaan het. Die kombinasie van daggazol en
mandela posters teen die mure was vir hulle te veel. (Dit was in die
ou dae!)
> In elkeval - ek dog ek sal maar julle dag opkikker met so 'n bietjie van 'n
> skets van een van die Jazz gebeurtenisse hier onder in die Kaap :)
>
Waar gebeur die dinge hier in die kaap? Al wat ek nog bygewoon het was
'n sondagaandjie met McLean se groep by uct.

Groetnis

Abel du Plessis abe...@unison.co.za
Kommetjie
South Africa
Vorige onderwerp: "Death on the Nile" deur JOAN HAMBIDGE
Volgende onderwerp: Jingoe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 27 16:21:16 MGT 2024