Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Vergewe en vergeet" deur Totius
"Vergewe en vergeet" deur Totius [boodskap #121045] Ma, 19 November 2018 06:09 na volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
/fa/66/0/VERGEWE EN VERGEET
TOTIUS

Daar het 'n doringboompie
digby die pad gestaan,
waar lange ossespanne
met sware vragte gaan.

En eendag kom daarlangs
'n ossewa verby
wat met sy sware wiele
dwars-oor die boompie ry

"jy het mos, doringstruikie
my anderdag gekrap;
en daarom het my wiele
jou kroontjie plat getrap"

die ossewa verdwyn weer
agter 'n heuweltop,
en langsaam buig die boompie
sy stammetjie weer op

sy skoonheid was geskonde;
sy bassies was geskeur;
op een plek was die stammetjie
so amper middeldeur.

Maar tog het daardie boompie
weer stadig reggekom,
want oor sy wonde druppel
die salf van eie gom

ook het die loop van jare
die wonde weggewis
net een plek bly 'n teken
wat onuitwisbaar is.

Die wonde word gesond weer
as jare kom en gaan,
maar daardie merk word groter
en groei maar aldeur aan.


("Dat gij niet vergeet de dingen die uwe ogen gezien hebben - DEUT. 4:9")
Re: "Vergewe en vergeet" deur Totius [boodskap #121052 is 'n antwoord op boodskap #121045] Di, 20 November 2018 06:07 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Totius het met hierdie werk die stryd tussen Boer en Brit uitgebeeld. Die ossewa simboliseer die Britte wat die Afrikanervolk tydens die Boere-oorlog vertrap het. Ná die oorlog, met sy sterftes, konsentrasiekampe en ander onmenslike behandeling het ons weer opgestaan soos daardie struikie. Goeie herinneringe aan vergange dae, maar ook met trots omdat jy steeds deel is van 'n nageslag van stoere mense wat die land getem het.

'n Ironiese interpretasie in hedendaagse tye is dat die gedig verwys na die letsels wat apartheid op swartmense gelaat het. Die Boere het gesukkel om die Engelse te vergewe en mens kan nie verwag dat apartheid so vinnig vergewe sal word nie. Die keer gaan dit egter nie net oor feite en werklike gebeure nie, maar oordrewe propaganda wat bedoel was om die stelsel in 'n swak lig te stel.

Interessant genoeg kan die gedig op die wysie van die Kalfiewals gesing word.
Vorige onderwerp: "Eensaamheid" deur Jan F.E. Cilliers
Volgende onderwerp: Op soek na 'n gedig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 05:36:44 MGT 2024