Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Arnot, Frederlck Stanley
Arnot, Frederlck Stanley [boodskap #120999] Ma, 12 November 2018 19:07
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Frederlck Stanley Arnot was 'n sendeling en ontdekkingsreisiger. Gebore op 12 September 1858 in Glasgow. Gretig om sendeling te word, kom hy in 1881 in Natal aan en vertrek na Betsjoeanaland (die hedendaagse Botswana) in die hoop om werk te vind. Khama, die koning van die Bamangwato, ontvang hom vriendelik en laat hom toe om na Barotseland te gaan. Hy reis verder en kom in 1884 in Benguela aan die kus van Angola aan. Baie van die gebied was nog onbekend en as 'n ontdekkingsreisiger word hy beskou as 'n natuurlike opvolger van David Livingstone. Hy onderneem altesaam 9 reise na Afrika en skryf verskeie geslaagde reisverhale, waarvan die belangrikste Garenganze is. Hy is in 1914 in Sentraal-Afrika oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Argitektuur
Volgende onderwerp: Armblanke
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 08:46:01 MGT 2024