Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Gebed voor ete
Gebed voor ete [boodskap #120828] Wo, 17 Oktober 2018 04:20 na volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
/fa/44/0/Jan, 'n gelowige man gaan jag. In die bos storm 'n leeu hom. Hy bid, Here laat dit 'n Christelike leeu wees en dat hy my genadig sal wees.

Die leeu stop by Jan, sit sy poot op Jan se kop en sê:

"Seën, Heer die voedsel wat vir my voorgesit is, en maak my opreg dankbaar daarvoor. Amen"

  • Aanhangsel: Leeu.gif
    (Grootte: 95.67KB, 1033 kere afgelaai)
Re: Gebed voor ete [boodskap #120830 is 'n antwoord op boodskap #120828] Do, 18 Oktober 2018 05:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Juffrou vra vir Kosie aan Jannie: "Bid julle darem aan tafel voordat julle eet?"
Jannie: "Nee, my ma wéét hoe om te kook!"
Re: Gebed voor ete [boodskap #120834 is 'n antwoord op boodskap #120830] Sa, 20 Oktober 2018 14:33 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Ma vang haar seuntjie koekies steel in die kombuis.
Sy kyk hom streng aan en besluit sy gaan vandag vir hom 'n lewensles leer.
Sy vra, "Seun, watter een van die tien gebooie wat mamma jou geleer het is hier ter sprake?"
Hy kyk haar verleë aan en antwoord: "Jy mag nie doodslaan nie?"
Vorige onderwerp: Die arme blond darem
Volgende onderwerp: Die Valies en die mosselwyser
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 13:44:25 MGT 2024