Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Sebra ontsnap
Sebra ontsnap [boodskap #120817] So, 14 Oktober 2018 07:01
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
'n Sebra (kwagga) ontsnap uit die dieretuin en beland op 'n plaas. Sy stop by die varkstalle en vra: "Wie is julle, en wat doen julle?"

  "Ons is varke," antwoord die beer. "Ons eet, snork en slaap, en die res van die tyd rol ons in die modder rond."

Nie iets vir haar nie, dink die sebra, en stap aan.
By die koeie stop sy weer en vra: "Wie is julle, en wat doen julle?"

  "Ons is koeie," antwoord een. "Ons staan die hele dag in hierdie veld en eet gras."

Ook nie iets vir haar nie, dink die sebra, en stap verder.
Uiteindelik kom sy by die hings in sy stal.

  "Wie is jy, en wat doen jy?" wil sy weet.

  "Wel," antwoord die hings, "trek uit daai pajamas, dan wys ek jou."
Vorige onderwerp: Ouderdom
Volgende onderwerp: Die arme blond darem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 01:10:52 MGT 2024