Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » So 'n bietjie sielkunde...
So 'n bietjie sielkunde... [boodskap #120771] Di, 11 September 2018 18:59 na volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
'n Man gaan kuier saam met sy pêlle. Sy vrou is woedend en sê vir die kinders om nie vir hulle pa oop te maak as hy later vanaand huistoe kom nie. So 1 uur die oggend klop hy aan die deur en vra dat sy vrou moet oopmaak, hy wil inkom.

Vrou: "Voertsek tot waar jy vandaan kom en loop vrek daar! Jy sit nie jou pote in hierdie huis nie!"

Man: "Nee my liefie, ek's nie hier om te slaap nie, ek soek net daai R200 in my kas om nog verder te gaan kuier, dis 'n moerse lekker partytjie".

Die vrou maak die deur oop en gryp hom aan sy hemp, "Jou GAT! Jy kom NOU in hierdie huis in en klim in die bed!"
Re: So 'n bietjie sielkunde... [boodskap #120772 is 'n antwoord op boodskap #120771] Do, 13 September 2018 14:12 Na vorige boodskap
admin  is tans af-lyn  admin
Boodskappe: 46
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 4
Volle Lid
Administrateur
In dieselfde lyn...

'n Man kom laat nag by die huis aan - dik gedrink. Hy klop aan die deur...

Vrou: "Gaan sommer weer terug daar waar jy vandaan kom!"
Man: "Asseblief, maak oop die deur of anders spring ek in die swembad en versuip myself!"
Vrou: "Gaan voort, bliksem!"

Die man tel 'n groot klip op en gooi dit in die swembad. Die vrou vlieg op en hardloop uit. Terselfdertyd hardloop die man in die huis in en sluit die deur.

Vrou: "Jou vark, maak oop die deur of anders skree ek kliphard!"
Man: "Ja, raas tot die bure wakker word en dan sê jy sommer vir hulle waarvandaan jy die tyd vannie nag kom, net met 'n panty en 'n bra aan!"
Vorige onderwerp: Eksamenflaters
Volgende onderwerp: Koos help die dokter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 15:05:15 MGT 2024