Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Ag, sy het nie gesterwe nie" deur Totius  () 1 stem
"Ag, sy het nie gesterwe nie" deur Totius [boodskap #120770] Ma, 10 September 2018 18:20
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
"Ag, sy het nie gesterwe nie" is 'n hartroerende gedig wat Prof J.D. du Toit (aka Totius) geskryf het nadat sy oudste dogtertjie deur weerlig doodgeslaan is.

Ag, sy het nie gesterwe nie
ag, sy het nie gesterwe,
maar sy was sommer dood:
geen siekte en lange lyding:
geen uur van voorbereiding:
geen dr met die tyding:
net 1, 1 onweerskoot
en sy was dood.

hoe het ons arme seuntjie
gekwyn tot in die dood:
vooraf die lange lyding,
daarna die wrede skeiding,
en dan, dit was my hart te groot!
en dan sy dood.

maar bitterder as bitter
die plotsheid van haar nood:
'n vonkvuur blits die tyding:
'n straalpyl bring die lyding:
'n skrikroep is die skeiding:
en sy het nie gesterwe,
maar sy was sommer dood.
Vorige onderwerp: "Slaap" deur D.F. Malherbe
Volgende onderwerp: "Slaap Nou My Prinsie" deur M.I. Murray en G.G. Cillié
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 07:34:28 MGT 2024