Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Mandjies en "monkeys"
Mandjies en "monkeys" [boodskap #120760] So, 02 September 2018 20:41
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Op 23 Augustus 2018 het 'n wit vrou in 'n Clicks-winkel in Pretoria vir haar mandjie gevra. 'n Swart dame hoor toe "monkey" (aap) en gil histeries: "who is a monkey?". Die voorval is op video vasgelê en wyd op sosiale media versprei. In die agtergrond kan gehoor word hoe 'n omstander sê: "No, she didn't say she is a monkey." Die vrou se mandjie is ook duidelik in die video sigbaar.

Clicks het die voorval bevestig en beklemtoon dat die konflik tussen klante was en dat hulle werknemers nie daarby betrokke was nie. Die winkelgroep se verklaring lui: "Ons het ons interne ondersoek afgehandel en bevind dat ons personeel niemand se kant gekies het nie en baie professioneel opgetree het om hierdie moeilike voorval te hanteer".

Dit herinner nogal sterk aan H&M se "coolest little monkey in the jungle"-advertensie wat ook totaal uit verband geruk is. Soos te wagte word dit as 'n rassevoorval bestempel en 'n saak van crimen injuria is blykbaar teen die wit vrou aanhangig gemaak.

Die belangrikste les van die week is dat mens mooi duidelik moet praat as jy 'n mandjie soek, of gebruik eerder 'n trollie! Dit sal voorkom dat ander van hul trollies af raak. Razz
Vorige onderwerp: Treurgrond
Volgende onderwerp: Regstellende Aksie is onwettig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 09:12:59 MGT 2024