Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Skoolgrap
Skoolgrap [boodskap #120750] Di, 28 Augustus 2018 19:07 na volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Sannie kom by die huis na haar eerste skooldag.
Ma: "Middag Sannie, het jy baie geleer vandag?"
Sannie: "Nie te veel nie, Ma. Ek moet môre weer teruggaan."
Re: Skoolgrap [boodskap #120751 is 'n antwoord op boodskap #120750] Wo, 29 Augustus 2018 06:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Onnie: "Jannie, wees nou eerlik. Het jou pa jou gehelp om hierdie probleem uit te werk?"
Jannie: "Nee meneer, my pa het dit alleen reggekry."
Re: Skoolgrap [boodskap #120755 is 'n antwoord op boodskap #120751] Vr, 31 Augustus 2018 07:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Onderwyser: "Waar is jou huiswerk?"
Jannie: "Meneer sal my nou nie glo nie, maar ons het in ons Ford Kuga skool toe gery, toe..."
Onderwyser: "Ja, toemaar. Sit."
Re: Skoolgrap [boodskap #120765 is 'n antwoord op boodskap #120755] Vr, 07 September 2018 19:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Meraai vra vir Gatiep: "Wat is die verskil tussen gratis en verniet?"
Gatiep: "Jy het gratis skool toe gegaan, maar dit was verniet."
Re: Skoolgrap [boodskap #120769 is 'n antwoord op boodskap #120765] Ma, 10 September 2018 06:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Juffrou: "Jannie, ek het 3 bottels wyn in my een hand en 2 in die ander hand. Wat het ek?"
Jannie: "'n Drankprobleem, juffrou!"
Re: Skoolgrap [boodskap #120773 is 'n antwoord op boodskap #120769] Do, 13 September 2018 19:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
In die biologieklas word vier erdwurms in proefbuise geplaas:

Die eerste saam met bier,
die tweede met wyn,
die derde met whiskey, en
die vierde in mineraalwater.

Die volgende dag is
die wurm in bier dood,
die wurm in wyn dood,
die wurm in whiskey dood,
maar die wurm in water lewe nog.

Die onderwyser vra die klas, wat kan mens hieruit leer?
Een van die kinders antwoord:
"Mense wat bier, wyn of whiskey drink het nie wurms nie!"
Re: Skoolgrap [boodskap #120775 is 'n antwoord op boodskap #120773] Sa, 15 September 2018 15:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Die kinders moet 'n opstel skryf oor "die snaaksste ding wat ek nog ooit gesien het".
Die klas se dromer sit die hele periode en tyd verspeel, totdat die klok lui en hy sy vraestel moet inlewer.
Bitter haastig krap hy toe die volgende sin in sy boek:
"Die snaaksste ding wat ek nog ooit gesien het, was te snaaks vir woorde!"
Re: Skoolgrap [boodskap #120823 is 'n antwoord op boodskap #120775] Ma, 15 Oktober 2018 07:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Wat het die een skilpad vir die ander skilpad gesê toe hulle gaan swem het?
"Hou my dop...."
Re: Skoolgrap [boodskap #120824 is 'n antwoord op boodskap #120823] Ma, 15 Oktober 2018 20:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vrin  is tans af-lyn  vrin
Boodskappe: 16
Geregistreer: Junie 2018
Karma: 11
Junior Lid
My gunsteling Gatiep en Meraai -grappie:

Aanhaling:
Meraai loop in die straat af met 'n matras op haar kop.

Gatiep vra vir Meraai: Wa' gat djy met daai furniture?

Waarop Meraai antwoord: Dit is g'n furniture nie. Dis my se workshop!
Re: Skoolgrap [boodskap #120825 is 'n antwoord op boodskap #120824] Di, 16 Oktober 2018 06:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Nog 'n ou een:

Wat is Thabo Mbeki se seun en dogter se naampies?
MStoeltjie en mTafeltjie.
Re: Skoolgrap [boodskap #120827 is 'n antwoord op boodskap #120825] Di, 16 Oktober 2018 16:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vrin  is tans af-lyn  vrin
Boodskappe: 16
Geregistreer: Junie 2018
Karma: 11
Junior Lid
Haha!
Re: Skoolgrap [boodskap #120866 is 'n antwoord op boodskap #120827] Vr, 02 November 2018 17:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Voortrekker  is tans af-lyn  Voortrekker
Boodskappe: 17
Geregistreer: Augustus 2018
Ligging: Centurion
Karma: 5
Junior Lid

Hahaha Hoe lekker lag ek nou vir hierdie grappies!
Re: Skoolgrap [boodskap #121291 is 'n antwoord op boodskap #120866] So, 25 November 2018 19:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Afrikaanse onderwyser: Gee die teenoorgestelde van hierdie sin -
"Kinders in die donker maak foute".

Student:
"Foute in die donker maak kinders".
Re: Skoolgrap [boodskap #121930 is 'n antwoord op boodskap #121291] Wo, 12 Desember 2018 18:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Twee slange gesels:

Slang 1: "Is ons giftig?"
Slang 2: "Ja, hoekom?"
Slang 1: "Ek't nou-net my lip raakgebyt."
Re: Skoolgrap [boodskap #124838 is 'n antwoord op boodskap #121930] Sa, 23 Februarie 2019 09:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Juffrou vra 'n leerling in haar klas om die volgende in Engels te vertaal: "Jy mors papier".

Skolier: "I write exams!"
Re: Skoolgrap [boodskap #125263 is 'n antwoord op boodskap #124838] Sa, 30 Maart 2019 20:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Juffrou:
"Jannie, jou opstel oor jou hondjie is dan presies dieselfde as jou boetie s'n!"

Jannie:
"Natuurlik juffrou, dis presies dieselfde hond."
Re: Skoolgrap [boodskap #126296 is 'n antwoord op boodskap #125263] Do, 30 Mei 2019 18:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Onderwyseres:
"Jannie, noem vir my 10 wilde diere."

Jannie:
"9 leeus en 1 wildebees, juffrou."
Re: Skoolgrap [boodskap #126822 is 'n antwoord op boodskap #126296] So, 30 Junie 2019 18:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Hoekom het die koei oor die maan gespring?
Want die boer se hande was koud.
Re: Skoolgrap [boodskap #127406 is 'n antwoord op boodskap #126822] Vr, 09 Augustus 2019 20:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Wat se die een neus vir die ander neus?
"Kom ons loop!"
Re: Skoolgrap [boodskap #127407 is 'n antwoord op boodskap #127406] Vr, 09 Augustus 2019 20:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Wat noem mens 'n vlieg sonder vlerke?
'n Loop.
Re: Skoolgrap [boodskap #129268 is 'n antwoord op boodskap #127407] Do, 16 Januarie 2020 14:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Die outjie sit op die grond en somme doen.
Sy ma vra, "hoekom sit jy nie by die tafel nie?"
Antwoord: "Die juffrou het gesê ons mag nie tafels vir die somme gebruik nie."
Re: Skoolgrap [boodskap #133380 is 'n antwoord op boodskap #129268] So, 06 September 2020 20:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Wat het die een vlag vir die ander vlag gesê?
Antwoord: Niks. Hy het net vir hom gewaai.
Re: Skoolgrap [boodskap #133847 is 'n antwoord op boodskap #133380] Wo, 30 September 2020 16:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Hoof: "Jou kind veroorsaak probleme by die skool..."
Pa: "Ja, by die huis ook... maar het jy nou al een keer gehoor ek bel jou?"
Re: Skoolgrap [boodskap #135802 is 'n antwoord op boodskap #133847] So, 28 Februarie 2021 19:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Ek wil nou nie spog nie, maar ek het 'n legkaart in net een dag gebou.
Die boks sê 2 tot 4 jaar!
Re: Skoolgrap [boodskap #137290 is 'n antwoord op boodskap #135802] Wo, 21 Julie 2021 07:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Die juffrou staan voor die klas en vra: "Kan almal wat dink dat hulle dom is opstaan asseblief".
Die klas word doodstil en na 'n paar minute staan Jannie huiwerig op.
Juffrou: "Dink jy jy is dom, Jannie?"
Jannie: "Nee juffrou, maar dit is ook nie reg dat juffrou so alleen moet staan nie."
Re: Skoolgrap [boodskap #138365 is 'n antwoord op boodskap #137290] So, 07 November 2021 11:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Die juffrou vra haar skoolklas:
"Hoe weet jy as 'n man en vrou getroud is?"
Frikkie antwoord:
"Juffrou, hulle skree op dieselfde kinders!"
Re: Skoolgrap [boodskap #138684 is 'n antwoord op boodskap #138365] Do, 06 Januarie 2022 17:23 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Pa: "Sies Jannie, jy gedra jou nes 'n otjie!"
Jannie kyk verbaas na sy pa.
"Weet jy wat n otjie is?" vra sy pa.
"Ja PA", antwoord Jannie. "Dis die seuntjie van 'n vark."
Vorige onderwerp: Skoonma is weg
Volgende onderwerp: Ou ooms met jong vrouens
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 17:14:57 MGT 2024