Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Nkosi Sikelel' iAfrika
Nkosi Sikelel' iAfrika [boodskap #120716] Wo, 08 Augustus 2018 06:51 na volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Nkosi Sikelel' iAfrika (ook Nkosi Sikelele Africa) is Xhosa vir "God seën Afrika". Dit is 'n gebed-lied wat reg oor Afrika (en veral in Suid-Afrika) as kerkgesang en politieke proteslied gebruik is. 'n Gedeelte van die lied het in 1996 'n prominente deel van die Volkslied van Suid-Afrika geword. Dit is ook die basis van volksliedere van lande soos Zambië en Tanzanië.

Die Afrikaanse woorde:

Aanhaling:
Aller hoogste God, seën Afrika
Hoog sal ons die vryheids vaandel dra
Wanneer ons in ons gebede vra:
Seën, Heer, seën Afrika
Seën, Heer, seën Afrika

Daal neer o Gees ... daal neer, daal neer
Daal neer o Gees ... daal neer, daal neer,
Daal neer o Gees. (Staan ons by, Hemelse Heer) (2x)

Skenk, o Heer, milddadig U genaad
om mekaar in liefde op te dra;
anders staan ons skuldig en verslae
o, Heer, ons Afrika
o, Heer, ons Afrika

Aller hoogste God, seën Afrika
Maak ons vry van sonde en van kla.
Laat ons sonder ophou bid en vra:
Red, Heer, Red Afrika
Red, Heer, Red Afrika
Die oorspronklike Xhosa:

Aanhaling:
Nkosi sikelel' iAfrika
Maluphakanyisw' uphondo lwayo
Yiva imithandazo yethu
Nkosi Sikelela Nkosi Sikelela

Nkosi sikelel' iAfrika
Maluphakanyisw' uphondo lwayo
Yizwa imithandazo yethu
Nkosi Sikelela
Thina lusapho lwayo.

Koor

Yihla moya, yihla moya
Yihla moya oyingcwele
Nkosi Sikelela
Thina lusapho lwayo.

(Herhaal)
Re: Nkosi Sikelel' iAfrika [boodskap #120717 is 'n antwoord op boodskap #120716] Do, 09 Augustus 2018 04:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Voortrekker  is tans af-lyn  Voortrekker
Boodskappe: 17
Geregistreer: Augustus 2018
Ligging: Centurion
Karma: 5
Junior Lid

Dit 2018 hoeveel jaar later en ek voel ek moet my kop in 'n gat druk. Dit is die eerste keer wat ek die woorde so sien en deur lees. Dankie.

Laat mense wonder ... hoe kan so iets gesing word en gespeel word, maar die land lê in verwoesting?
Re: Nkosi Sikelel' iAfrika [boodskap #120719 is 'n antwoord op boodskap #120717] Do, 09 Augustus 2018 07:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Dis inderdaad 'n pragtige lied, en dit is goed om die mooi daarin raak te sien.

Die lied het natuurlik ook 'n donker kant. In 'n politieke konteks word moontlik bedoel dat Afrika van die "lekgoa" (die wit gemors) gered moet word. Ons het weereens tydens die grondverhore gesien hoeveel haat daar teenoor witmense is (hoofsaaklik deur onwaarhede en fopnuus aangevuur).
Re: Nkosi Sikelel' iAfrika [boodskap #120720 is 'n antwoord op boodskap #120719] Do, 09 Augustus 2018 08:43 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Dit lyk of daar meer as een Afrikaanse vertaling bestaan. Ek het pas op die een afgekom. Eweneens, pragtige woorde:

Aanhaling:
Seën ons Here God, seën Afrika,
Laat sy mag tot in die hemel reik,
Hoor ons as ons in gebede vra,
Seën ons in Afrika,
Kinders van Afrika.

Daal neer o Gees, Heilige Gees,
Daal neer o Gees, Heilige Gees,
Kom woon in ons,
Lei ons, O Heilige Gees.

Hou U hand o Heer oor Afrika,
Lei ons tot by eenheid en begrip,

Hoor ons as ons U om vrede vra,
Seën ons in Afrika,
Kinders van Afrika.

Seën ons Here God, seën Afrika,
Neem dan nou die boosheid van ons weg,
Maak ons van ons sonde ewig vry,
Seën ons in Afrika,
Kinders van Afrika.
Vorige onderwerp: Transvaalse volkslied
Volgende onderwerp: Afrikaanse Radio Wêreld Wyd
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 21:09:56 MGT 2024