Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Afrikaanse Wikipedia - 50000 artikels!
Afrikaanse Wikipedia - 50000 artikels! [boodskap #120630] Wo, 20 Junie 2018 13:37 na volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Die Afrikaanse Wikipedia het op 15 Junie 2018 so stil-stil die 50000-kerf verbygesteek. Die mylpaal is bereik toe gebruiker SpesBona (Sören Pfauder, wat in Duitsland woon) 'n artikel oor Rio Iguazú, 'n groot wes-vloeiende rivier in Suid-Amerika, geplaas het.

Mens sou verwag dat die media daaroor sou rapporteer, maar dit blyk dat joernaliste grotendeels onbewus is van wat op Wikipedia aangaan. Die bydraers blaas lyk my ook nie graag hulle eie beuel nie.

In elke geval, baie geluk aan almal wat so onbaatsugtig tot die projek bydra.

Mag die Afrikaanse Wikipedia aanhou groei en van krag tot krag gaan.
Re: Afrikaanse Wikipedia - 50000 artikels! [boodskap #124912 is 'n antwoord op boodskap #120630] Ma, 04 Maart 2019 20:49 Na vorige boodskap
admin  is tans af-lyn  admin
Boodskappe: 46
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 4
Volle Lid
Administrateur
Dit lyk of die Afrikaanse Wikipedia al vinniger groei. Hulle het nou al meer as 70 000 artikels in Afrikaans.
https://maroelamedia.co.za/goeiegoed/projekte/al-meer-as-70- 000-artikels-in-afrikaans-op-wikipedia/
Vorige onderwerp: Aksent
Volgende onderwerp: Vok of Fok ?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 22:26:01 MGT 2024